Laerskool Noord Comes to The Drama Factory in April

Performances are April 1 and 2.

By: Mar. 14, 2023
Enter Your Email to Unlock This Article

Plus, get the best of BroadwayWorld delivered to your inbox, and unlimited access to our editorial content across the globe.




Existing user? Just click login.

Laerskool Noord Comes to The Drama Factory in April

LAERSKOOL NOORD se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT, maar in hierdie lekker lag produksie is dit alles behalwe die geval. Drie onderwyseresse beplan 'n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier, met haar glitter stickertjies en sticky notes, is hierdie personeelkamer 'n tikkende tydbom. En boonop gaan Meneer enige oomblik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof van Laerskool Noord. Kan dit een van hulle wees?

'n Komedie met Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee Regie: Gideon Lombard Teks: Ilne Fourie

Laerskool Noord is 'n lekkerlag komedie- perfekte manier om die nuwe jaar af te skop. Dis 'n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur. Skrywer, Ilne Fourie, bekend vir haar RSG-radiodramas, kleur met haar tong-in-die-kies humor en pittige waarnemingsvermoë hierdie karakters so in dat iedereen van ons sonder twyfel een van ons oud-onderwyseresse sal herken. Gideon Lombard, bekroonde akteur en regisseur, hou almal se varkies, en in Meneer se geval, poedels op hok. Die produksie word geskep in samewerking met Vrystaat Kunstefees en Aardklop en NATi.

Book securely online with a credit card for any show at The Drama Factory by visiting www.thedramafactory.co.za The direct booking page for this particular show is www.thedramafactory.co.za/show/mar2301

Photo Credit: Robert A Hamblin




Videos